A husband in the throes of a bitter divorce action recently learnt the hard way that one should not play games with the Court when it comes to child or spousal maintenance.  The High Court had made an interim order that he had to pay maintenance for his wife and children, pending a final divorce order.

The husband did not pay attention to the maintenance order. The wife obtained a warrant of execution and sent the sheriff to attach his savings account. Shortly before the sheriff could complete the attachment, the man withdrew all the money from his savings account.

The wife then sent the sheriff to attach the husband’s house. He got an attorney to contest the warrant. In desperation the wife then asked the court for an order that the husband must be imprisoned for contempt of the court order.

The husband pleaded poverty. However, the court made short shrift of that and found that the husband was a multi millionaire and could easily afford the maintenance.

The end result was that the court declared the husband to be in contempt of court and issued a warrant for his arrest and committal to prison if he did not pay the full amount within 24 hours.

The moral of the story: don’t play games with Court Orders.

The case reference: AG vs DG 2017 (2) SA 409 (GJ)

 

Elmarie Neilson

September 2017

Moenie Speletjies Speel Wanneer Dit By Onderhoudsbetalings Kom Nie

‘n Man wat in verbete egskeidingsgeveg betrokke is, het onlangs op die harde manier uitgevind dat jy nie moet speletjies speel wanneer dit by onderhoudsbetalings vir ‘n vrou of kinders kom nie.

Die Hooggeregshof het ‘n interim bevel gemaak dat hy onderhoud vir sy vrou en kinders moet betaal, hangende ‘n finale egskeidingsbevel.

Die man het geen aandag aan die onderhoudsbevel gegee nie. Die vrou het ‘n beslagleggingsbevel verkry en het die balju van die Hof gestuur om op die man se spaarrekening beslag te lê. Kort voordat die balju die beslaglegging kon voltooi, het die man al die geld uit sy rekening getrek.

Die vrou stuur toe die balju om op die man se huis beslag te lê, maar hy het ‘n prokureur gekry om die lasbrief teen te staan. Uit desperaatheid vra die vrou toe die hof om ‘n bevel te maak dat die man gevangenisstraf moet kry vir minagting van die hofbevel.

Die man het beweer dat hy geen geld het om te betaal nie. Die hof het egter korte mette hiervan gemaak en bevind dat die man ‘n multi miljoenêr is en maklik die onderhoud kon bekostig.

Die eindresultaat was dat die hof bevind het dat die man in minagting van ‘n hofbevel is. ‘n Lasbrief vir sy arrestasie is uitgereik, tesame met ‘n bevel dat  hy tronk toe moet gaan indien hy nie die volle bedrag binne 24 uur betaal nie.

Die les is: moenie speletjies met Hofbevele speel nie.

Die saakverwysing: AG vs DG 2017 (2) SA 409 (GJ)

 

Elmarie Neilson

September 2017

Pin It on Pinterest