Since 2008, most attorneys have automatically put a facilitation clause in a parenting plan or settlement agreement when parents split up. The parents may separate as partners/spouses, but they remain locked in a relationship as parents. The parenting plan or settlement agreement spells out how they will co-parent until the children turn 18 years old.

Sometimes the parenting plan or settlement agreement is unclear on an issue such as holiday contact. Other times the home circumstances may have changed and the parenting plan or settlement agreement must be adjusted. Most parents can sort this out between themselves by agreement, but other parents are unable to reach agreement without a fight.

It is for those cases where parents cannot speak to each other where facilitation comes in. (Quick note: facilitation might soon be renamed “parent co-ordination”).

The standard facilitation clauses will stipulate that the facilitator must first try and mediate the dispute. If mediation fails, then the facilitator may issue a Directive. This Directive can be as binding on the parties as a court order. This is serious stuff.

Let me explain why this is serious: when your children are born, you and your spouse/partner are automatically the guardians of your children and have parental rights over them. If all goes well, that is the end of it. But the law states that the High Court is the upper guardian of all children. In other words, if you and the other parent cannot agree, the High Court can override your parental rights over your children and make a decision on your behalf regarding your children.

That’s all good and well, because the High Court has judges who know what they are doing and they will seldom make a decision without the input of the Family Advocate or a psychologist or social worker who has investigated the children’s circumstances and their best interests.

But now, in the parenting plan, you and the other parent agree to give a facilitator the same powers as a High Court. I’m not saying it’s wrong and that you shouldn’t do it. But I am saying: know what you are doing and what you agree to.

If the facilitation ends with a mediated agreement, that would be first prize, but often the facilitation clause in the court order stipulates that the facilitator may appoint other experts to investigate your circumstances and you must pay their bills.

What if the facilitator decides that your children must go live elsewhere? If the process was fair and if it is in your children’s best interests, then you have saved a lot of time and money by having a facilitator. But if the process was not fair and your children are being harmed, then you may be forced to go to court, either to have the facilitator’s Directive overturned or to have the facilitator removed as facilitator.

Facilitation has helped a lot of children and it can be a great problem solver, but be aware of what you agree to. Read the clauses carefully. Ask a lot of questions.

Elmarie Neilson is a qualified facilitator with many years of experience.

FASILITERING – TEKEN EK MY OUERLIKE REGTE WEG?

Sedert 2008 sit die meeste egskeidingsprokureurs outomaties ‘n fasiliteringsklousule in ‘n ouerskapplan of skikkingsakte. Dit is belangrik om ‘n ouerskapplan of skikkingsakte te hê aangesien die ouers van die kinders nie meer getroud gaan wees of saam gaan woon nie, maar hulle bly steeds saamgevoeg in ‘n verhouding as ouers van die kinders. Die ouerskapplan of skikkingsakte sit uiteen hoe hulle die kinders sal grootmaak totdat die kinders 18 jaar oud word.

Somtyds is die ouerskapplan of skikkingsakte onduidelik oor iets soos vakansiekontak vir die ander ouer. Ander tye het die huislike omstandighede verander of daar is onvoorsiene omstandighede waaraan niemand gedink het nie. In sulke gevalle moet die ouerskapplan of skikkingsakte aangepas word. Die meeste ouers kan dit onderling en by ooreenkoms uitsorteer maar ander ouers is nie daartoe instaat om ooreenkoms te bereik sonder ‘n geveg nie.

Dit is in laasgenoemde gevalle waar ouers nie met mekaar kan kommunikeer nie waar fasilitering intree. (Let wel: fasilitering sal binnekort “ouerlike ko-ordinering” genoem word)

Die standaard fasilitering klousules sal bepaal dat die fasiliteerder eers moet medieer om die geskil op te los. Indien mediasie nie suksesvol is nie, dan mag die fasiliteerder ‘n direktief uitreik. Hierdie direktief kan net so bindend op die ouers wees as ‘n hofbevel. Dit het ernstige gevolge.

Laat my toe om te verduidelik hoekom dit ernstig is: wanneer julle kinders gebore word, is jy en die ander ouer outomaties voogde van julle kinders en het julle gesamentlike ouerlike regte oor die kinders. As alles goed gaan, is dit die einde daarvan. Maar die wet bepaal dat die Hooggeregshof die oppervoog van alle kinders is. Met ander woorde, indien jy en die ander ouer nie kan saamstem nie, mag die Hooggeregshof jou ouerlike regte oorneem en ‘n besluit rakende jou kinders namens jou maak.

Dit is alles goed en wel, want die Hooggeregshof het Regters wat weet wat hulle doen en hulle sal selde ‘n besluit maak sonder om ‘n verslag van die Gesinsadvokaat, ‘n sielkundige of maatskaplike werker wat ondersoek ingestel het na die kinders se omstandighede en hulle beste belange, te bekom.

Indien jy egter in die ouerskapplan of skikkingsakte ‘n fasiliteringsklousule insit, dan stem jy en die ander ouer toe dat die fasiliteerder dieselfde magte as ‘n Hooggeregshof sal hê. Ek sê nie dat dit verkeerd is en dat jy dit nie moet doen nie. Maar ek sê wel dat jy moet weet wat jy doen en waartoe jy toestem.

Indien die eerste stap van mediasie suksesvol is en ‘n ooreenkoms bereik word, is dit natuurlik eerste prys, maar dikwels bepaal die fasiliteringsklousule in die hofbevel dat die fasiliteerder ander deskundiges mag aanstel om die kinders se omstandighede te ondersoek en jy moet dan hulle rekeninge betaal.

En sê nou maar die fasiliteerder besluit dat jou kinders elders moet gaan woon en nie meer by jou nie? Indien die proses regverdig was en indien dit in jou kinders se beste belange is, dan het jy baie tyd en geld gespaar deur ‘n fasiliteerder te hê, want nou hoef jy nie hof toe te gaan nie. Maar indien die proses nie regverdig is nie en jou kinders skade lei, dan is jy verplig om hof toe te gaan òf om die fasiliteerder se direktief tersyde te laat stel òf om die fasiliteerder te laat verwyder as fasiliteerder. Boonop moet jy nog die fasiliteerder se fooie ook betaal.

Fasilitering het al baie kinders gehelp en dit is ‘n wonderlike manier om probleme op te los, maar maak seker wat dit is waartoe jy toestem. Lees die klousules versigtig voordat jy teken. Vra vrae en wees ingelig.

 

Elmarie Neilson is ‘n gekwalifiseerder fasiliteerder met baie jare se ervaring.

Pin It on Pinterest