So out of the blue a man comes to your house and gives you a document with the word “summons” on and you need to find a lawyer urgently.

You start asking around and your aunt says the lawyer who handled her divorce was very good because he drove a very expensive car and your colleagues tell you to use the company lawyer because he talks tough.

But you feel lost. How do you choose a lawyer?

The Do’s And Dont’s:

Don’t choose with your emotions: “I will take her to the cleaners”. “I will make them pay and crush them!”.

For example: when a client is angry and asks me if I am a Rottweiler attorney, I tell him: I can be a Rottweiler with the best of them, but it only means more legal fees for you and a litigation war that will slash and burn everything with it.

Think about this carefully. If you choose with your emotions, you will make a big mistake.

Do ask the right questions: do you have experience in this area of law? What is your approach to litigation – do you focus on settlement or on winning? Most cases settle sooner or later.

Did you pick an attorney who prefers to settle later when his bond is paid off? If winning is everything to the attorney, then you are paying for an ego, not for attention to you and your case.

Don’t be nervous to interview more than one attorney until you find one that you are comfortable with and you feel you can trust.

Do ask what their hourly rate is and check if you can afford it. If they won’t tell you straight up – warning signs.

At the end of the day you and your attorney are a team, working together on your case. Picking the right one is very important.

ELMARIE NEILSON

Elmarie Neilson

Elmarie Neilson has decades of experience as an Attorney, and specialises in Family Law (including adoptions) and is an Administrator of Deceased Estates. She is also a qualified mediator, facilitator and collaborative practitioner. Elmarie has the same right of appearance in the High Court as an advocate.
+27 021 557 8552/9
086 646 7844

Hoe Om ‘N Prokureur Te Kies

So uit die bloute kom ‘n man na jou huis toe en gee vir jou ‘n dokument met die woord “dagvaarding” op en jy moet dringend ‘n prokureur kry.

Jy begin rondvra en jou tannie sê die prokureur wat haar egskeiding hanteer het, was baie goed want hy het ‘n duur motor besit en jou kollegas raai jou aan om die maatskappy se prokureur te gebruik want hy vat nie nonsens nie.

Maar jy bly verlore voel. Hoe kies ‘n mens ‘n prokureur? .

Die Moets En Moenies:

Moenie met jou emosies kies nie. “Ek sal haar kaal uittrek.” “Hulle sal hiervoor boet. Ek sal hulle vermorsel!”

Byvoorbeeld: wanneer ‘n kliӫnt ontstoke is en my vra of ek ‘n Rottweiler prokureur is, sê ek vir hom: “Ek kan net so Rottweiler wees soos die volgende prokureur, maar dit beteken net dat jy meer aan regskostes moet betaal en ‘n litigasie oorlog wat alles in sy pad vernietig en verwoes.

Dink mooi hieroor. As jy met jou emosies kies, sal jy ‘n groot fout maak.

VRA die regte vrae: het jy ervaring in hierdie aspek van die reg? Wat is jou benadering tot litigasie – fokus jy op skikking of op wen? Die meeste sake skik vroeӫr of later.

Het jy ‘n prokureur gekies wat verkies om later te skik nadat sy huisverband afbetaal is? As wen alles is vir die prokureur, dan betaal jy vir ‘n ego, nie vir aandag op jou en jou saak nie.

Moenie senuweeagtig wees om met meer as een prokureur te konsulteer nie totdat jy een vind met wie jy gemaklik is en wie jy voel jy kan vertrou.

VRA wat is hulle uurlikse fooi en maak seker dat jy dit kan bekostig. Indien hulle jou nie reguit wil sê nie – gevaartekens.

Aan die einde van die dag is jy en jou prokureur ‘n span wat saamwerk aan jou saak. Dit is uiters belangrik om die regte een te kies.

ELMARIE NEILSON

Elmarie Neilson

Elmarie Neilson het dekades se ervaring as Prokureur en spesialiseer in Familiereg (insluitende aannemings) en is ook ‘n Boedelberedderaar. Sy is ook ‘n gekwalifiseerde mediator, fasiliteerder en samewerkende praktisyn. Elmarie het dieselfde verskyningsbevoegdheid in die Hooggeregshof as ‘n advokaat.
+27 021 557 8552/9
 086 646 7844

Pin It on Pinterest