When I am asked to draft a Last Will and Testament for my clients, they often enquire about living wills. Great idea, I say, but I need to point out that it’s not a Will and it has the opposite effect of living. It’s a request to be allowed to die.

Why is it not a Will?

A Will only kicks in after you are deceased. To call this document a living Will is actually a contradiction in terms. A misnomer, because it has to take effect while you are alive.

The document is, in effect, a dying wish.

Doctors are obliged by their Hippocratic oath to do everything in their power to keep you alive, even if you had an accident leaving you in a vegetative state. This document tells your doctor not to resuscitate or revive you if you are in a permanent coma and only the machines are keeping you alive. The medical costs can wipe out all your savings, leaving your family to struggle financially. You are not in a state to make decisions. That is when this living Will must speak for you.

Your family may not switch off the machines, because they can be prosecuted for your murder. Only the doctor can switch it off.

What if the doctor refuses to accept your living Will?

S/he is entitled to refuse to pay heed to your wishes and it does often happen. In such a case, this document will assist your family if they want to bring a court application to compel the doctor to give effect to your last wishes.

This is not a pleasant subject to talk about, but I wanted to dispel some of the misconceptions that people often have and it is good to be better informed when you make some difficult decisions.

If you need more information, contact us at or tel: 021 557 8552.

Lewende Testament (Living Will) – ‘N Teenstrydige Benaming!

Waneer my kliënte my versoek om ‘n laaste testament en wilsbeskikking vir hulle op te stel, doen hulle ook dikwels navraag aangaande ‘n lewende testament. Dit is ‘n goeie idee, sê ek altyd, maar ek moet daarop wys dat dit nie ‘n testament is nie en dit het die teenoorgestelde effek van lewe. Dit is ‘n versoek om toegelaat te word om te sterf.

Hoekom is dit nie ‘n testament nie?

Want ‘n testament word eers effektief nadat jy oorlede is. Om hierdie dokument ‘n lewende testament te noem, is dus eintlik ‘n weersprekende term. Die benaming is eintlik verkeerd, aangesien dit in werking moet tree terwyl jy nog leef.

Die lewende testament is eintlik ‘n sterwende wens.

Die hippokratiese eed wat dokters neem, verplig hulle om alles in hulle vermoë te doen om jou lewend te hou, selfs wanneer jy in ‘n ongeluk betrokke was wat jou in ‘n koma laat. Hierdie dokument gee ‘n opdrag aan jou dokter om jou nie te laat herleef of by te bring indien jy in ‘n permanente koma is en slegs die masjiene jou aan die lewe hou nie. Pasiënte wat permanent aan masjiene gekoppel is, se mediese uitgawes is so geweldig hoog, dat dit al hulle spaargeld en moontlik ook ander bates kan uitwis. Dit beteken dat die familie dan finansieël swaarkry. Aangesien jy aan die masjiene gekoppel is, is jy nie daartoe instaat om enige besluite te maak nie en dit is waar jou lewende testament namens jou kan praat.

Jou familie mag nie die masjiene afskakel nie, aangesien hulle dan moontlik aanspreeklik gehou kan word vir jou moord. Slegs ‘n dokter kan opdrag gee dat die masjiene afgeskakel word.

Hoe gemaak indien die dokter weier om uitvoering te gee aan jou lewende testament?

Sy/hy mag wel weier om uitvoering aan jou laaste wense te gee en dit gebeur wel. Gelukkig is dit nie die einde van die saak nie, aangesien hierdie dokument jou familie kan help indien hulle besluit om ‘n hofaansoek te bring om die dokter te verplig om uitvoering te gee aan jou laaste wense.

Hierdie is nie ‘n aangename onderwerp om oor te praat nie, maar ek wil die wanpersepsies wat mense dikwels het, uit die weg ruim en dit is altyd beter om goed ingelig te wees wanneer jy moeilike besluite moet neem.

Indien jy meer inligting benodig, of indien ons jou kan help om ‘n lewende testament op te stel, kontak ons te (021) 557 8552/9 of .

Pin It on Pinterest