In the case of GM v KI 2015 (3) SA 62 (GJ) E the facts were as follows: the parents of the minor child were not married. A year after the child’s birth the father abandoned the child and the mother. The mother brought an application requesting the court to dispense with the father’s rights but retaining his responsibilities. The judge refused and stated that: “parental rights and responsibilities exist concomitantly”. His other reason for refusal is that the Children’s Act did not clearly separate between rights and responsibilities.

The order that the mother asked for, amounted to a punishment of the father. The judge was not willing to do that. It seems that it is all or nothing when it comes to parental rights and responsibilities.

The judge also explained: “Section 18 represents a partial codification and recasting of the common-law concept of ‘parental power’ or ‘parental authority. Such concept amounts to a conglomeration of rights and obligations that flow naturally from the state of being a parent.’

Previously this was taken for granted in the common law, but the Children’s Act has now set it out more clearly in Section 18.

Section 18 of the Children’s Act 38 of 2005 contains the principles of care, contact and guardianship of children.

(1) The parental responsibilities and rights that a person may have in respect of a child, include the responsibility and the right–

  • to care for the child;
  • to maintain contact with the child;
  • to act as guardian of the child; and
  • to contribute to the maintenance of the child.

In other words: being a parent automatically gave you rights and obligations over your child.

In other words, parental responsibilities include the obligation to care for the child, maintain the child and to act as the child’s guardian. Parental rights in respect of a child include the right to have contact with the child.

“Guardian” is a key term that means: an obligation to consent to the child’s marriage, adoption, departure from South Africa, application for a passport, administering a child’s immovable property and/or representing a child in legal or administrative matters.

Ouerskapregte En Verpligtinge: Alles Of Niks?

In die saak van GM v KI 2015 (3) SA 62 (GJ) E was die feite as volg: die ouers van ‘n minderjarige kind was nooit getroud nie. ‘n Jaar na die kind se geboorte het die vader die kind en die moeder verlaat. Die moeder bring toe ‘n aansoek na die hof waarin sy vra dat die hof sal wegdoen met die vader se regte maar sy verpligtinge behou. Die Regter weier om dit te doen en die Regter verklaar dat “ouerlike regte en verpligtinge bestaan gelyktydig en gesamentlik met mekaar”. Die Regter se ander rede om die aansoek te weier, is dat die Kinderwet nie duidelik onderskei tussen regte en verpligtinge nie.

Die bevel waarvoor die moeder gevra het, het neergekom op ‘n straf vir die vader. Die Regter was nie gewillig om dit te doen nie. Dit blyk dus dat dit alles of niks is wanneer dit kom by ouerskapregte en verpligtinge.

Die Regter het ook verduidelik: “Artikel 18 behels ‘n gedeeltelike kodifikasie en herformulering van die gemenereg konsep van “ouerskapregte” of “ouerskapgesag”. So ‘n konsep kom neer op ‘n opeenhoping van regte en verpligtinge wat natuurlikerwys vloei uit ouerskap. Met ander woorde: om ‘n ouer te wees gee jou outomaties regte en verpligtinge oor jou kind.

Voorheen was hierdie regte en verpligtinge vanselfspreekend aanvaar in die gemene reg, maar die Kinderwet het dit nou duideliker in Artikel 18 uiteengesit.

Artikel 18 van die Kinderwet 38 van 2005 vervat die beginsels van versorging, kontak en voegdyskap van kinders:

“(1) ‘n Persoon kan volle of spesifieke ouerlike regte en verantwoordelikhede hê met betrekking tot ‘n kind.

(2) Die ouerlike regte en verantwoordelikhede wat ‘n persoon met betrekking tot ‘n kind kan hê sluit die reg en verantwoordelikheid in –

  1. om die kind te versorg;
  2. om kontak met die kind te hou;
  3. om op te tree as voog van die kind; en
  4. om by te dra tot die onderhoud van die kind.

(3) Behoudens subartikels (4) en (5) moet ‘n ouer of ander persoon wat optree as voog van ‘n kind ―

  1. die kind se eiendom en eiendomsbelange administreer en beveilig;
  2. die kind bystaan of verteenwoordig in administratiewe, kontraktuele en ander regsaangeleenthede; of
  3. enige toestemming wat regtens vereis word met betrekking tot die kind gee of weier, insluitende ―
    1. toestemming tot die huwelik van die kind;
    2. toestemming tot die aanneming van die kind;
    3. toestemming tot die kind se vertrek of verwydering vanuit die Republiek;
    4. toestemming tot die kind se aansoek vir ‘n paspoort; en
    5. toestemming tot die vervreemding of beswaring van enige onroerende eiendom van die kind.

(4) Wanneer meer as een persoon voogdyskap van ‘n kind het, is elkeen van hulle, behoudens subartikel (5), enige ander wet of enige ander bevel van ‘n bevoegde hof tot die teendeel, bevoeg om onafhanklik en sonder die toestemming van die ander enige reg of verantwoordelikheid wat voortspruit uit sodanige voogdyskap uit te oefen.

(5) Behalwe as ‘n bevoegde hof anders beveel, is die toestemming van al die persone wat voogdyskap van ‘n kind het nodig ten opsigte van aangeleenthede uiteengesit in subartikel (3)(c).”